N skryf:
"Ek en my vriend bly al vir amper 'n jaar saam. Ons is albei vir amper 2 jaar geskei. Ons het mekaar nie geken terwyl ons nog getroud was nie. My 2 seuns bly by my en sy seun bly ook by hom. Hy weier om by sy ma te bly. Sy seun is 13 jaar en my 2 is 12 jaar en 10 jaar. Die probleem wat ek het is dat sy seun al op verskeie geleenthede my jongste seun in die moeilikheid probreer bring het. Hy krap in my persoonlike besitting en probeer tussen my en my vriend kom. Wat moet ek doen. Moet ek en my kinders on goed vat en loop of moet ek met sy seun praat. Hy is al gevang rook en sy pa doen absoluut niks omtrent die omstandighede nie. Hy het net een helse pak nodig maar sy pa tugtig hom glad nie want hy wil nie he sy seun moet terug gaan na sy ma toe nie. Ek weier om my kinders in sulke omstandighede groot te maak maar is baie lief vir my vriend. Ek weet nie of hy iets teen my jongste seun het nie of dalk haat hy ons en wil ons nie daar hê nie en nou gebruik hy hierdie manier om ons daar weg te kry. Wat moet ek doen. Ek het 2 weke terug al vir hom gevra wanneer is hy van plan om vir my en my seun omverskoning te vra maar hy ignoreer my net. Ek weet regtig nie wat om te doen nie. Hoop julle het 'n antwoord vir my. Asseblief help ek het julle raad nodig."

Op universiteit het ek iemand eendag hoor sê: "Mens kry nie probleem kinders nie, net probleem ouers." Ek is persoonlik van mening dat dit vandag meer waar is as ooit te vore.
Om dissipline te handhaaf is van primêre belang wanneer ons kinders grootmaak. Bitter min van ons doen dit deurlopend. Ons dissipline is sporadies en meesal gekoppel aan ons eie emosionele stand. Die res van die tyd is ons te lui, so gemaak deur ons werksomstandighede, dieet en 'n rits ander faktore.
Om sake net te vererger staan kinders gereeld in die middel van gebroke verhoudings en word hulle baie gevalle pionne in 'n magstryd tussen man en vrou.
Jou vriend se seun val moontlik in laasgenoemde kategorie. In sy geval is daar nie net sy ma en pa se gebroke verhouding nie, maar om dinge erger te kompliseer is sy pa ook in 'n verhouding met jou. Boonop is hy nou 'n tiener en dit kan verdere krisisse meebring.
Sy gedrag kan beslis jou en jou vriend se verhouding ernstig striem. Jy moet jouself afvra hoe ernstig is jy oor jou en jou vriend se verhouding. Wil jy dit werklik maak werk? Indien wel sal jy sy seun moet help.
Ek sal graag wil sien dat iemand die seun help. Dit kan beslis nie goed wees vir hom indien iemand nou WEER handdoek ingooi met hom nie.
Jy sal dit ongelukkig nie alleen kan doen nie. Jou vriend sal moet help en moet begryp dat om pa te wees beteken dat hy die verantwoordelikheid aanvaar om sy seun te dissiplineer.
Ek sou voorstel dat julle begin deur die seun te neem vir professionele berading.
Dit is selde maklik om dissipline toe te pas, maar hoe gouer mens begin hoe makliker raak dit vorentoe. Dit is ook 'n deurlopende taak wat eers eindig die dag as hulle jou huis verlaat.