Bang skryf:
"Ek is 'n pedofiel. Ek is 'n ongetroude man van 40. Ek voel aangetrokke tot seuns, maar het die afgelope omtrent sewentien jaar GEEN fisiese kontak met enige seun gehad nie, hoewel die geleentheid dikwels daar was, en nog daagliks is, aangesien ek elke dag met kinders werk. Ek kry dit reg om die situasies te beheer wanneer ek met kinders werk. Ek weet ek mag nie aan hulle raak nie, maar ek fantaseer dikwels oor seuns. Ek kry maklik 'n ereksie wanneer die situasie 'n bietjie "warm" raak, maar dan onttrek ek my onmiddellik aan die situasie. Goddank kon ek dit sover nog vermy, maar ek is bang dat ek eendag in 'n situasie mag beland wat ek nie kan beheer nie.
Dit het begin toe ek nog self 'n kind was. Ek was ongeveer veertien jaar oud toe ek vir die eerste keer met 'n seun gespeel het. Hy was omtrent drie jaar jonger as ek. Daarna het dit nog 'n paar keer gebeur, met ses ander seuns jonger as ek. Dit het so aangehou totdat ek ongeveer 24 jaar oud was. Die seuns se ouderdomme het gewissel tussen 6 en 15. Vier van hierdie seuns is neefs van my. Ons het toe seker geweet dit was verkeerd wat ons gedoen het, maar pedofilie of molestering was woorde wat ons nie geken het nie. Dit het opgehou toe die jongste een se ma snuf in die neus gekry het en hy haar alles vertel het. Sy ouers het my pa daarvan gesê, en hy het my gekonfronteer. Hy wou my na 'n sielkundige toe stuur, maar ek het nooit gegaan nie, want ek het vir die seun se ouers 'n brief geskryf waarin ek om verskoning gevra het en belowe het om dit nooit weer te doen nie. (Asof dit sou help!) My pa was nie heeltemal tevrede daarmee nie, maar hy het dit daar gelaat. Ek was toe 'n student van 22.
Dit het wel een keer daarna weer gebeur - met 'n nefie van my, omtrent twee jaar later. Hy was seker so tien jaar oud. Ons het 'n paar keer aan mekaar gevat en hy het my gemasturbeer toe ons een keer saam gebad het. Daarna het dit nooit weer gebeur nie.
Ek besoek gay webtuistes. Die meeste verklaar dat alle modelle 18 jaar of ouer is, maar ek is nie so seker nie, want baie van die modelle lyk baie jonk (maar darem nie heel jonk nie). Ek fantaseer baie oor wat ek sien en masturbeer gereeld. Ek is besig om verslaaf te raak hieraan.
Ek het nog nooit 'n normale hetero- of homoseksuele (volwasse) verhouding gehad nie. Ek sal nooit trou nie, want ek is definitief nie hetero nie. Ek mag ook nooit 'n kind van my eie hê nie, want ek weet wat ek aan hom sal doen.
Hierdie ding is ook besig om my sosiale lewe en my werk te befoeter. Ek kan nie openhartig met mense praat nie en ek voer al meer 'n kluisenaarsbestaan. My vriende het geen benul hiervan nie en ek durf nie vir enigiemand hiervan vertel nie, want dan verloor ek hulle vriendskap. Ek het selfs al opgehou om by mense te gaan kuier omdat hulle 'n 12-jarige seun het. Ek het agtergekom dat ek tot hom aangetrokke voel en het oor hom begin fantaseer.
Ek moet hulp kry, maar ek weet nie waar om te begin nie. Hoe spoor ek iemand op wat in hierdie soort ding spesialiseer? Hierdie is iets waarmee ek nou al amper twintig jaar saamleef. Ek dink dit het tyd geword om iets daaraan te doen voor dit heeltemal te laat is. Of is dit reeds te laat?"
14.1.09
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Pedofilie behels nie net seksuele dade van 'n volwassene ten opsigte van 'n kind nie, maar ook seksuele fantasieë. Seksuele bevrediging word op 'n verskeidenheid van maniere verkry.
ReplyDeleteMeeste pedofiele is mans, heteroseksueel georiënteerd, geskei of getroud en het self kinders. In meer as 80% van gevalle wat aangemeld word is meisies die slagoffers. Sosiale aanpassing is meer as gereeld 'n probleem vir die pedofiel. Interessant dat die gemiddelde ouderdom van pedofiele 40 jaar is.
Ek glo nie dit is ooit te laat vir hulp nie. Kyk of jy 'n spesialis kan opspoor by http://www.psychotherapy.co.za/