Seksuele disfunksie verwys na ´n versteuring van jou behoefte van seksuele bevrediging of jou vermoë om seksuele bevrediging te verkry. Die week kyk ons na versteurings in jou begeerte om seks te hê.
Hipoaktiewe seksuele versteuring
Dit is wanneer jy geen of min seksuele fantasieë of ´n begeerte vir seks het.
Seksuele aversie
Dit is ´n uiterste afkeer in en vermyding van alle genitale kontak met ´n seksmaat.
Die oorsake van die versteurings kan fisies of psigies van aard wees. Voorbeelde van fisiese oorsake is siekte, stres, ondervoeding, alkohol- en dwelmmisbruik en sekere medikasie. Psigiese faktore is iets soos ´n vrees vir swangerskap, ´n vrees dat iemand jou sal hoor, ´n negatiewe selfbeeld of ´n verveeldheid met die manier waarop jy en jou maat seks het. Persone kan ook die versteurings opdoen omdat hulle van jongs af geleer is dat seks vuil en onaanvaarbaar is. Vroeë of ´n gebrek aan orgasmes kan ook die versteurings meebring.
Versteurings van seksuele opwekking
Orgasmeversteurings
Hieronder resorteer geïnhibeerde orgasmes en premature ejakulasie.
Geïnhibeerde orgasme
´n Gebrek aan orgasmes by vrouens dui nie altyd op ´n disfunksie nie, maar eerder na ´n variasie in vroulike seksualiteit of weens ´n vrou se onkunde oor haar eie anatomie. Seksuele spanning kan egter opbou by vrouens, indien hulle onvoldoende gestimuleer word, wat dan kan lei tot meer permanente tye van anorgasme.
Die grootste aantal manlike geïnhibeerde orgasmes wat die mees algemeenste voorkom is die onvermoë om in ´n vagina te ejakuleer. Meesal hou dit verband met die siening dat ´n orgasme so lank moontlik uitgestel moet word om maksimum genot uit seksuele aktiwiteit te put.
Faktore wat ´n rol speel by geïnhibeerde orgasmes is ´n vrees vir beheer verloor, ´n vrees vir ´n gek maak van jouself, die aard van die verhouding of ´n vrees vir swangerskap.
Premature ejakulasie
Dit verwys na ejakulasie wat plaasvind voordat die persoon wil hê dit moet gebeur. Psigoanaliste meen dit hou verband met haatgevoelens teenoor jou seksmaat of seksuele angs.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
10 vrae / kommentaar: