Loading

28.5.09

Bewuswording

Dit is normaal vir kinders om op een of ander stadium bewus te raak van die seksuele. Dit is belangrik dat die onderwerp nugter benader sal word.

10 vrae / kommentaar:

  1. Anonymous28/5/09 12:39

    My seun is tans 10 jaar oud. Vroeër hierdie week het hy my vrou eenkant toe geroep en teenoor haar beken dat hy en sy nefie (2 jaar jonger as hy) hul soms ontbloot teenoor mekaar. Hy voel baie sleg hieroor en wou weet of "Liewe Jesus" hom ooit sou kon vergeef. Is dit normaal vir kinders van sy ouderdom om so te begin eksperimenteer? Hoe moet 'n ouer so 'n situasie handteer sonder om dit uit verband te ruk en sonder om hom nog slegter te laat voel.

    ReplyDelete
  2. Anonymous28/5/09 12:39

    Dit is normaal vir sy ouderdom om te begin bewus raak van die seksuele. Dit is reg dat julle kalm bly en die ding nugter benader. Dit is ook 'n goeie teken dat hy uit sy eie uit met haar kom praat het. Kinders wat voel hulle kan met hulle ouers hieroor praat is minder geneig om 'n risiko te loop met hul seksuele gedrag. Jou seun het nou heelwat vrae en jy wil uiteindelik hê hy moet met jou kom praat eerder as sy maats, by wie hy moontlik net verdraaide inligting gaan kry.
    Maak seker hy weet hy kan met julle hieroor praat en dat julle al sy vrae eerlik sal beantwoord. Stel dit duidelik dat julle nie noodwendig alles weet nie en self antwoorde sal soek indien julle nie sekerheid het nie. Jy en jou vrou kan hierdie gesprekke met mekaar hê om moontlike vrae te bespreek.
    Maak seker julle praat gereeld met hom hieroor. Maak seker julle maak dit duidelik dat 'n seksuele verhouding oor baie meer gaan as die blommetjies en bytjies. Praat oor emosies, gevolge, verantwoordelikheid en omgee vir mekaar. Praat oor beskerming en die gevare van seks. Deel ook jou waardes met hom en praat oor hoe die samelewing voel oor die onderwerpe.
    Bly net rustig hieroor en solank hy voel dat hy enige tyd oor die onderwerp kan praat is julle op die regte pad.

    ReplyDelete
  3. Ek wil asb die verklaring van seksueel aktief weet.Ek is ´n 18 jarige seun en my meisie is nou 14 en ons wil nie seks beoefen nie maar sy het ewe skielik na 4 maande net nie meer met my wou vry nie. Kan u miskien vir my ´n rede gee, soos bv. nog te jonk vir dit of wat?

    Baie dankie vir u tyd.

    ReplyDelete
  4. Ben Brand15/2/10 13:31

    Seksueel aktief beteken bloot dat jy gereeld seks het.

    Ek is verheug om te hoor dat jy en jou meisie nie seks het nie. Dit is onwettig om seks te hê met ´n meisie van 14 jaar. Jy sal aangekla word van verkragting.

    Vrouens kan soms wispelturig voorkom vir mans. Dit is hul voorreg. Bygesê moet meeste van ons meer as een keer vry in ons lewe voor ons weet wie die regte een is. Meisies moet liefs nie op 14 te ernstig raak oor elke ou wat hulle ´n soen gee nie.

    Die maklikste is om vir jou meisie te vra of sy nie meer vir jou as kêrel wil hê nie. Indien die antwoord nee of onvoldoende is stel ek voor jy stoot jou bors uit en begin jou soektog na ´n meisie weer van voor af. Elke pot se deksel is iewers daar buite.

    ReplyDelete
  5. Anonymous12/4/10 13:45

    Hulle sê die pad na 'n man se hart is deur sy maag, maar niemand sê iets van 'n vrou nie. Hoewel mens begrip het daarvoor dat jy baie van hierdie jong dame hou kom dit voor asof sy jou nie op hierdie stadium sien as iemand met wie sy 'n verhouding wil hê nie.

    Sy is ook nog baie jonk en dit is dalk 'n goeie ding dat sy versigtig is om haar blindweg in 'n verhouding te begeef.

    Gee haar bietjie kans, maar laat haar verstaan dat jy nie vir altyd gaan wag nie.

    Indien dit later nie lyk asof sy belangstel nie moet jy van haar vergeet. EK is seker daar is iemand daar buite vir jou.

    As 'n laaste punt moet jy ook seker wees oor hoe sy voel oor seks. Sy verstaan dalk dat ander mans haar misbruik het deur haar te sien as 'n seksuele objek, maar dit beteken nie noodwendig dat sy nie van seks hou nie.

    ReplyDelete
  6. Hello
    Ek wil graag jou raad vra oor iets wat my nou al vir 'n paar maande pla.
    Ek het 'n vriendin ('n baie goeie vriendin) laas jaar ontmoet. Ek is nou 21 en sy is nou 19. Ons het deur 'n vriendin van ons ontmoet. Ons het vanaf dag een gekliek en ek het geweet dat sy die een vir my is. Maar op daai tyd was sy pas in 'n nuwe verhouding in met 'n ander ou. Die verhouding het net 3 maande gehou. Toe los sy vir hom om terug na haar eks tegaan. Ek het niks van die ou gehou nie want hy het met haar gemors en hy het dit vir my reguit gesê.
    Sy het vir my ook gesê dat ek haar soos 'n godin behandel en dat soos een om my voel. Ek het haar al twee keer uit gevra maar sy het vir my nee gesê, daarmee kon ek leef maar kon nie met die feit leef dat sy vir my in die selfde asem gesê het dat sy vir my lief was nie maar sy wil nie met uitgaan nie want sy wil nie die vriendskap verloor nie. Sy is bang die verhouding werk nie uit nie want in al haar voorige verhoudings het sy seer gekry en nou is bang ek maak haar seer en dat ek soos al haar vorige ouens met haar seks wil hê maar ek verwag nie seks of enige iets seksueel van aard van haar af nie en sy weet dit want ek respekteer haar ligaam.
    En nog 'n ding is sy kla die hele tyd oor die feit dat sy single is en dat sy iemand selfstandig en standvastig soek met 'n goeie werk en 'n toekoms in sy werk. Ek en sy het verlede week gepraat oor wat sy soek in 'n ou en als wat sy beskryf het is ek.
    Ek het ook nou al 'n paar ander meisies se harte gebreek deur om vir hulle nee te sê toe hulle my uitgevra het en ek weet die probleem lê nie met hulle nie dit lê by my, my hart behoort aan iemand wat nie belangstel nie en ek is besig om in twee geskeur te word.
    Wat moet ek maak? Enige raad sal waardeer word.

    ReplyDelete
  7. Ek is 'n 17-jarige seun en daar is 'n meisie in my standerd waarvan ek baie hou maar ons ken mekaar glad nie. Ek wil net weet wat kan ek doen om haar beter te leer ken en dat sy vir my 'n kan sal gee. Ek is nogal 'n redelike skaam ou en ek wil nie iets doen wat sal veroorsaak dat sy my nie 'n kans sal gee nie.

    ReplyDelete
  8. Anonymous12/4/10 13:47

    Ja jong, die verhaal slaan my ook dronk.. Ek kan baie klippe in die bos gooi oor wat die rede vir haar optrede kan wees, maar dit sal net meer kwaad as goed doen. Ek is baie bly dat jy die seks voorlopig gestop het, en ek stel voor jy hou daar by, veral omdat die meisie reeds 'n ou het, en dan kan dinge net gevaarlik begin raak.

    ReplyDelete
  9. Anonymous12/4/10 13:47

    Sowat 2 maande gelede het ek 'n meise ontmoet wat nogal nice was. Ons het baie in common gehad maar sy het 'n ou. Nog steeds het ek besluit om te go for it ek het haar gesoen en vir die eerste keer het dit regtig gevoel asof ek die wêreld oorwin het, tot nadat ons seks gehad het. Ek het haar 2 dae later gesien en als was anders, sy het my ge-ignore en ek kon voel dat iets nie lekker was nie... dit was toe die skool gesluit het. Toe skool weer begin het, het ek vir haar gesê dat ons nie meer kan saam wees nie, dit het nie lank gehou nie omdat ek voel dat ons regtig iets het, maar elke keer as ons dit gedoen het voel dit asof ek van voor af moet begin met als omdat sy totally afswitch. Sy was Vrydag by my, sy wou seks hê maar ek het gesê tot hier toe, en baai. Ek weet seriously nie hoekom sy na elke keer so is nie en sy sê sy wil ook nie daaroor praat nie.

    ReplyDelete
  10. Marthie van Zyl12/4/10 13:47

    Ja, dit is nou 'n kwessie van "pak die bul by die horings". Ek weet dat mans maar altyd die nare risiko loop om die deur gewys te word deur die vroulike geslag, maar my vriend, jy sal maar die kans moet vat as jy graag die meisie beter wil leer ken. Jy sal maar reguit na haar toe moet stap en haar nooi vir 'n koffie of 'n fliek, of wat dit ookal is wat julle jonges deesdae gaan doen om mekaar te vermaak. Niemand kan dit vir jou doen nie, en as jy nie probeer nie, hoe sal jy ooit weet?

    ReplyDelete

 
ontwerp deur suckmylolly.com, uitgewer QVRP