Loading

1.6.09

Wenke vir 'n goeie sekslewe

Ek is nou 12 jaar getroud met 'n pragtige vrou. Ons het tans 3 kinders. Met ons huwelik (op 24-jarige ouderdom) was ons albei nog maagde. Ons het mekaar 6 jaar geken en was beste maats voor ons getroud is. Is vandag nog.

Ek dink nie ek sal ons eerste jaar van intimiteit as seks beskou nie, maar daar was oomblike. Dis maar hoe dit gaan as jy baie boekekennis het, maar niks praktiese ondervinding nie. Dit gaan maar uiteindelik alles oor selfsug. Aan die begin is daar baie selfsug. Soos tyd aanstap, die kinders meer word en die selfsug minder word, raak dinge net lekkerder en beter, al is die lyfies nie meer so fiets nie, ensovoorts.

'n Paar wenke vir 'n goeie sekslewe: - Rus en genoeg daarvan.
- Sink en baie daarvan. Vir mans. Hoe meer seks, hoe meer sink. Dit sorg dat meer van die nodige vloeistowwe geproduseer word, wat op sy beurt die genot meer en langer maak - vir die man. Veral die manne wat so 3 en 4 maal 'n dag skommel.
- In ons seks- (huweliks-) kontrak staan daar niks van ander vroue en mans nie. Hoekom wil jy nou in elk geval gaan waar ander voor jou ook al was? Niemand ken my seksgeheime beter as my vrou nie, en niemand hare beter as ek nie en dan kry ons dit nog boonop met baie liefde! Wat 'n bargain!
- My vrou kry moeilik orgasme met penetrasie, selfs met die beste voorbereiding, daarom maak ek 'n punt daarvan om te sorg dat sy eers tevrede is voor omgang. Dit maak dit dan vir my ook baie lekkerder, want dan is ek ook goed voorberei.

Ons het nou die dag nog weer nuwe dinge oor mekaar se liggame ontdek met 'n vonkelwyn-aarbeie-en-spuitroomspeletjie, te lekker. Ek moet 'n takie verrig, enige iets van my vrou se keuse (soos soen haar nek), wat jou dan die voorreg gee om die aarbei (2 halwes) en room van 'n plekkie(s) van haar keuse op haar liggaam af te eet, op die manier wat sy spesifiseer. En dan is dit my beurt. Penetrasie en klimaks is verbode, tot op die wedersyds ooreengekome einde (vir ons was dit 3 ure later!).

Dan 'n woord oor skommel:
Dit is nou nie so spesiaal en intiem nie, maar dit is essensieël, ook in die huwelik, omdat die stimulasie net soveel meer en uiteinde net soveel skerper en baie keer meer fisies bevredigend is. Dis ook partykeer al wat tyd en geleentheid toelaat, veral met 3 kinders. Ek deel dit ook met my vrou (vertel haar daarvan) en vereis soms deelname.
Ek het dan ook vir my, my eie spesiale digitale skommel media gemaak met my vrou in die hoofrol. Al my fantasië daarop. Want sy reis gereeld en ek hou nie van pornografie nie.

Vir die kinders/tieners:
Moenie al julle tyd en energie op seks/skommel vermors nie. Ek het (met skommel) as gevolg daarvan dat ek gemolesteer is as 6-jarige. My geskommel het my skugter en skaam en bang gemaak, om nie te praat van moeg nie. Ek kyk vandag terug na al die dinge wat ek kon en wou gedoen het, maar my skooldae sal ek nooit weer kan oorkry nie. Handhaaf dus 'n balans. Raak betrokke by iets by die kerk, jeugsentrum of skool wat jy nog altyd wou doen. Jy gaan as grootmens baie van die dinge nie meer KAN doen nie.

Ter aflsuiting:
Daar is baie dinge wat nog krap en oorkom moet word. Die punt is dat ons kommunikeer, openlik. As dit kienkie is: vra is vry en weier daarby.
Laat selfsug uit by die agterdeur en dra jou maat se behoeftes en belange op jou hande, in alles. Jy sal verbaas wees watse kienkie deure jou onbaatsugtige sleutels oopsluit.

bydrae: Anoniem

6 vrae / kommentaar:

  1. Hallo

    Ek het onlangs daarop afgekom dat my man sex chat lyne skakel. Ek het eers net 3 oproepe ontdek. Ons het daaroor gepraat en hy het vir my gesê dat hy wou raad kry om my seksueel aan te wakker omdat hy voel dat hy dit nie meer doen nie. Ek kon dit nie glo nie aangesien ek gedink het dat ons nog gelukkig is, en ek geniet seks baie, orale seks ook. Ek het hom gevra om dit nooit weer te doen nie en of daar ander dinge is wat hy ook gedoen het. Hy het gesweer dat daar niks anders is nie.

    Ongeveer 2 weke daarna het sy cel gelui en omdat hy besig was het ek geantwoord, die foon is in my oor neergesit. Ek het begin twyfel of hy vir my die waarheid vertel het en ons telefoon rekening nagegaan. Ek het rekeninge net vanaf 2000. Daarop is baie kere na sex chat lyne geskakel asook na "bored housewifes for sexsual relationship" nommers. Ons het weereens daaroor gepraat, eers het hy gese dat hy nie kan onthou hoekom hy hulle gebel het nie. Daarna het hy gese dat dit nie was vir seks nie. Daarna het hy gese dat dit uit nuuskurigheid was en dat hy begin wonder het oor hoe dit moet wees om seks met hulle te moet he. Omdat hy voorheen nie die waarheid vertel het nie, sukkel ek om hom te glo. Ek voel vernederd, waardeloos en kan hom nie vertrou nie. Hy het my gevra vir ´n tweede kans. Ek weet nie wat om te doen nie, weet ook nie meer hoe ek voel nie. Ons het twee dogters, wat vir my bitter baie belangrik is.

    Ons is op die staduim baie beleef met mekaar. Ek wil nie he hy moet aan my raak nie, aangesien ek nie weet aan wie en wat hy voorheen geraak het nie.
    Gee raad asseblief.
    ReplyDelete
  2. Die "bored housewifes for sexsual relationship"-situasie is ´n perd van ´n ander kleur. Ek het ongelukkig nie altwee kante van die saak gehoor nie, maar te oordeel aan wat jy skryf skort daar iets. Ek sou voorstel dat julle ´n huweliksberader gaan sien. Gaan eers op jou eie en laat die sielkundige jou help om jou man ook in terapie te kry.

    ´n Laaste gedagte! Dit lê nie altyd lekker op die gemoed nie, maar dit gebeur soms dat ´n huwelik nie beredder kan word nie. Soms moet mens koebaai sê al maak dit hoe seer. Daar behoort egter altyd ´n poging aangewend word om die probleme te probeer uitstryk.
    ReplyDelete
  3. Ek het so ruk terug agtergekom my man het aangesluit by een van die webwerwe se "online-dating clubs" Wat my nog meer geskok het , is dat hy vir alle rasse behalwe wit gaan, nie dat ek rasisties of verkramp is nie, maar om dit nog te vererger, dra hy van die dames se foto's in sy dagboek rond. Hy het ook by 'n sekere "adultfriends-dating" aangesluit, en ek was nog meer geskok toe ek sien wat daar aangaan. Toe ek hom konfronteer daaroor, het hy net gese hy is alleen en het na "vriende" gesoek. Ek het kinders en hy het nie, en ook is sy ma so 6jaar gelede oorlede, wat sy hele lewe was. Ek het 'n goeie lyf, en kyk goed na myself. Hy komplimenteer my altyd oor hoe goed ek lyk, maar waarom doen hy hierdie dinge? Hy het ook 'n probleem met impotensie a g v medikasie wat hy neem vir colesterol. Ek het gelees dat mense wat hulle ophou met "cyber-sex" 'n sielkundige afwyking het, en dit ook aan hom genoem. Hy is 'n baie goeie mens, en hoop en bid dat hy sal gaan vir hulp. Ek het ander blyplek gekry en gaan hom verlaat. Is dit 'n wyse besluit, of kan jy dalk iets voorstel wat vir ons albei tot hulp sal wees.
    ReplyDelete
  4. Marthie van ZylJan 26, 2010 04:23 AM
    Ek sou voorstel dat julle n berader of sielkunduge gaan sien, die tipe hulp kan ek ongelukkig nie oor die net verskaf nie, dit sal nie voldoende wees om die probleem op te los nie.
    ReplyDelete
  5. Kan ek hierdie ruimte gebruik om raad in te win?
    Baie dankie
    Marieta
    ReplyDelete

 
ontwerp deur suckmylolly.com, uitgewer QVRP