Mens sien soms dat “vool”, daardie oulike en nuttige naam vir ‘n penis, as “voël" gespel word. Vir iemand soos ek, wat gesteld is op korrekte en effektiewe taalgebruik, ook op seksuele gebied, hinder laasgenoemde spelling. Ek glo dat taal ‘n belangrike onderdeel van ‘n mens se sensuele en seksuele belewenis is. Die goeie moet behou word, maar daar moet vernuwing, verryking en modernisering van die taal wees waar nodig. Daarmee saam gaan die standaardisering van die spelling van ‘n woord soos “vool”. Verder, die verbetering van mens se woordeskat en jou algemene taalvaardigheid op seksuele gebied is ‘n belangrike komponent van die uitbreiding van jou seksuele ervaring.
Op seksuele gebied is daar soms groot taalarmoede by die algemene publiek. Mens wil nie hê onvanpaste spelling moet nog verder daartoe bydra nie. Woordeboeke, onontbeerlik vir enigiemand wat streef na goeie en effektiewe taalgebruik, help dikwels nie juis veel as dit by die sensuele en die seksuele kom nie. Woordeboekmakers skram oor die algemeen maar lelik weg van woorde wat op die meer intieme vlak lê, maar wat sommige van ons tog met groot vrug in ons sekslewe en teenoor ons vriende gebruik. “Vool” is so ‘n woord.
Ek het goed nagedink oor die spelling van hierdie woord. Ek weet nie of enigiemand, ook die taalkundiges, regtig weet waarom ‘n penis deur dieselfde klanke beskryf word as dié wat gebruik word vir ‘n lewende wese wat sy pad oor jou kop (jou hoof) kan vind nie. Ek verstaan nie wat het ‘n wese wat twee bene, twee vlerke, vere en ‘n snawel het, te doen met die slurpagtige liggaamsdeel wat aan die onderbuik van ‘n man hang en wat, as die omstandighede reg is, hard en stewig orent kan kom en na die horison kan wys nie. ‘n Vool is miskien gestroomlyn maar beslis nie vir vlieg nie. Dit kwetter, tjirp of twiet nie. En as dit begin pik is dit gewoonlik in ‘n bepaalde gaatjie en nie rond en bont soos die snawel van ‘n voël nie. So, dis vir my duidelik dat die woord, soos hy vandag vir die manlike lid gebruik word, geen verwantskap of analogie het met die gevleuelde soölogiese spesie wat as 'n "voël" (Nederlands “vogel”) bekendstaan nie. Dit het ook geen assosiasie, so ver ek kan sien, met enige ander begrip wat as 'n "voël" of "voëltjie" bekendstaan nie.
Ek meen die spelling van die woord vir ‘n penis behoort "vool" te wees op grond van die volgende:
* Die ideaal in enige taal is altyd om 'n unieke woord met unieke spelling vir 'n unieke begrip te hê - inagnemende dat daar ook sinonieme vir woorde kan wees. Verder, hoe makliker die spelling inpas by die fonetiese stelsel van die taal, hoe beter. "Vool" voldoen aan al hierdie vereistes: Dis foneties en die woord, sou dit as sinoniem vir "penis" gebruik word, is uniek. Die woord "vool" bestaan nie in ander betekenisverband nie.
* "Vool" is veel meer konsekwent ten opsigte van die verbale meervoudsvorm wat al jare lank in die volksmond in gebruik is en wat ek sou weergee met "vole". Bv., ons het as hoërskoolseuns, baie dekades gelede, gespekuleer dat een van ons sexy onderwyseresse "al baie vole deur haar moes gehad het". Ek het ook al dikwels iemand hoor praat van "die stywe vole" - en nog nooit van "die stywe voëls" nie.
* Mens sou dalk ook "fool" as spelling kon oorweeg. Dit het egter die nadeel dat verwarring sou kon ontstaan weens die Engelse woord "fool", wat dikwels as leenwoord in Afrikaans gebruik word. Dus, as iemand sou skryf "Dis die grootste fool wat ek nog gesien het", sou jy nie noodwendig weet of hy/sy van 'n mens of 'n menslike liggaamsdeel praat nie.
Opsommend, ek sou graag wou sien dat skrywers oor seksuele aangeleenthede konsekwent "vool", "vole", en die verkleinwoord "vooltjie" gebruik, eerder as "voël", "voëls" en "voëltjie". Laasgenoemdes pas beter by die gevleuelde gevaarte eerder as by die manlike deel en, wat die verkleinwoord betref, ook by gholf.
Dit sou interessant wees om te weet wat lesers dink oor “vool” as die standaardvorm vir penis. Verder, hoe voel die bloggers oor die algemeen oor hul woordeskat op sensuele en seksuele gebied? Is dit voldoende? En wat dink hulle van die woordeskat van die gemiddelde mens? Kan ons goed genoeg kommunikeer oor seks en terwyl ons seks het? Kan ons dalk baat by aksies, soos besprekings op hierdie blog, vir die voortgesette uitbreiding van ons woordeskat? Ek sal graag wil verneem wat die mening van ander bloggers is. Verder, as lesers oulike en nuttige woorde en segswyses oor seks en seksuele aangeleenthede teëkom (of dalk self uitdink), sal dit goed wees as hulle dit met ons almal deel.
bydrae: Geilman
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Die weergawe met die deelteken is korrek. Dit is afgelei van die beeld van 'n gevlerkte diertjie wat op 2 eiers sit en broei.
ReplyDeleteWat my egter meer kommer, is waar jy tyd kry om soveel energie te verspil op sulke niksseggende snert ten einde taalkorrek te wil seks!
A nee a, seks is seks is seks en is lekker. In enige taal, en met enige spellingvariasie. En veral sonder 'n woordeboek.
Kan jy jou die vertragende verwarring indink as ek my Joodse vrou in taalkorrekte Hebreeus of Yiddish moet liefkoos of bevredig. Moses sal vir nog 40 jaar in die woestyn rondswerf voordat ek my grammatika reghet en ons seksritme op dreef is!.
Geniet die liefdesspel liewer sonder taalwetenskaplike debatte.