Loading

22.8.11

Kieliekondome en vool-kielieringe

'n Kieliekondoom (Eng. "French tickler") is tradisioneel die naam vir 'n kondoom wat spesiaal ontwerp is met ekstra, taamlik prominente, uitsteeksels of opgehewenhede. Die mees algemene kieliekondoom is dié wat aan die tip uitsteeksels het, in die vorm van vingers of haartjies. By sommige is die uitsteeksels uitwaaierend, by ander staan hulle reguit vorentoe. Ander kieliekondome het weer patrone van prominent opgehewe ribbes, riwwe of knobbels aan die voorste derde van die kondoom. Soms is hierdie opgehewenhede oor die hele lengte van die kondoom. Van die meer onlangse kieliekondome op die mark het knobbeltjies in die vorm van glinsterende pêreltjies.

'n Kieliekondoom se uitbousels is baie meer prominent as die fyn geribde en fyn geknobbelde kondome wat mens met bekende handelsname in apteke kry. 'n Kieliekondoom is as't ware 'n kondoom op steroïede. Jy kry hulle gewoonlik net by sekswinkels.

Kieliekondome met uitsteeksels aan die tip is meer effektief. Dit verleng effektief jou vool (penis) en stimuleer ("kielie") die serviks. Vaginastimulasie is gewoonlik minimaal. Baie vroue vind aanraking van die serviks stimulerend, maar vir sommige kan dit irriterend wees. Kieliekondome met opgehewenhede oor die volle skag-gedeelte van die kondoom dra nie veel by tot ekstra stimulasie nie, daar dit eintlik net die buitenste een derde van die vagina is wat gevoelige senu-eindpunte het.

Eksperimente het al uitgewys dat baie vroue nie 'n verskil, met of sonder 'n kieliekondoom, kan voel nie. Sommige sê dat die kieliekondoom die verbeelding van die man kielie, meer as enigiets anders! Dis belangrik om te besef dat hulle verkoop word as nuutjies of fantasieware. Mens moet dus liefs nie op hulle staatmaak vir voorbehoeding of beskerming teen seksueel oordraagbare siektes nie. Dis vir pret en pret alleen!

Met die sentrum van seksuele plesier vir die meeste vroue die klitoris, is die vool-kieliering egter 'n ander saak. Hierdie soort voolring (penisring), gewoonlik van lateks of silikoon gemaak, sit styf om die basis van jou vool (m.a.w. waar die vool aan die lyf vas is). Aan die bokant, m.a.w. die deel wat na jou naeltjie wys, het die ring 'n prominente uitbouing ('n verdikking) wat die vorm van 'n dwarsbalkie of knop aanneem. Aan hierdie uitbouing is daar knobbeltjies of korterige vingertjies of haartjies aangebring.

Vool-kielieringe is vir die missionêre (sendeling-) posisie bedoel. As jy liefde maak, maak die knobbels, vingers of haartjies kontak met die klitoris aan die einde van jou inwaartse stoothaal. Dit druk teen die klitoris, of vryf of skuur daaroor. Die meeste vrouens vind hierdie aanraking van die klitoris baie lekker. Dit kan haar orgasme verhaas, wat voordelig is as 'n vrou normaalweg baie lank vat om te kom, of dalk glad nie kan kom nie.

Jy kan ook jou stoothale afwissel met klit-alleen-stimulasie. Jy kan diep instoot en jou vool daar hou terwyl jy die kielie-ding links en regs, op en af of in die rondte oor haar klit vryf. Dis beter om dit eers saggies te doen en dan die drukking geleidelik te verhoog, sodat jy haar nie dalk seermaak nie. Na sowat 'n minuut of twee se klitkieliery sal sy dit verwelkom as jy haar weer begin pomp.

Jy kan die kieliering ook nuttig gebruik met pomphale waarvan die aard afgewissel word. Vier vlakkerige hale kan gevolg word deur 'n vyfde diep haal. Met die vier vlak hale raak jy nie die klit met die kieliering aan nie, terwyl jy met die vyfde inwaartse haal volledig instoot, sodat die kieliering teen haar klit aandruk. Jy kan in die proses van kontak maak jou pelvis 'n ronddraaitjie laat doen, sodat die kieliering in 'n sirkeltjie oor haar klit vryf. Dit, tesame met jou vool wat in haar vagina teen die wand van die vagina ronddraai, kan haar laat swymel van die lekkerte. As jy eers die ritme hiervan het sal 'n afwisselende pomppatroon vir julle albei uiters genotvol wees. Die afwisseling in jou stootpatroon bring by haar afwisselend spannende afwagting, gevolg deur heerlike verligting, mee. Haar ingehoue asem met die afwagting tydens stoot een, twee, drie en vier, gevolg deur haar verligte sug (en dalk ook 'n kreun) met stoot nommer vyf, sal jou jou laat verlustig in hoe jy jou maat plesier. Oppas net dat jy nie te gou kom nie!

Jy kan natuurlik eksperimenteer met die aantal vlak hale voor die diep haal. Bv., as jy haar langer in afwagting wil hou kan jy dalk agt of nege vlak hale gee, voordat jy haar die diepsteek-kielieringhaal gee. En, as jy dit nog meer interessant wil maak, kan jy met elke rondte die aantal vlak hale verminder, totdat jy 'n punt bereik waar elke opeenvolgende haal kieliering-ondersteun is. As sy eers weet jy werk met 'n plan om die vlak hale te verminder sal jy haar mal maak van afwagting. Sy sal nie kan wag vir die volgehoue kieliering-pomphaalreeks nie. Jy sal haar vurige begeerte daarvoor uitken aan haar asemhaling, geluide, die krieweling van haar lyf teen jou en die stuiptrekkinkies in haar onderbuik. Dit sal normaalweg net 'n kwessie van tyd wees voordat haar vagina finaal kragtig om jou begin kramp en julle jul aan 'n heerlike gesamentlike hoogtepunt kan oorgee.

Mens sal seker nooit vooraf weet of kieliegoed (kieliekondome en vool-kielieringe) vir jou gaan werk nie. Die beste is om daarmee te eksperimenteer en dan fyn waar te neem of jou seksmaat dit prettig vind. As 'n minimum, selfs al werk dit nie, sal julle dalk saam oor jou poging tot iets nuuts kan lag. En dit op sigself is waardevol, want julle het dan iets intiems met mekaar gedeel.

Geniet die kieliegoed!

bydrae: Geilman

0 vrae / kommentaar:

Post a Comment

 
ontwerp deur suckmylolly.com, uitgewer QVRP