Loading

23.1.12

Ouer vrou, jonger man

"Hi Ben
Ek is 21 en het ´n verhouding met ´n geskeide vrou van 30 met 2 kinders. Maak ouderdom regtig saak? Waarvoor moet ek versigtig wees en hoe kry ek ander mense om ons ouderdom gaping te aanvaar.

Help asseblief"
- Anoniem

Ben:
Ouderdom maak nie regtig saak nie. Daar is egter ´n paar belangrike punte wat sal moet aandag kry. Volgens kenners handel dit meesal om kinders, liggaamsbeeld, seksualiteit en, soos jy noem, die verhouding met ander mense.

Julle sal vooraf moet praat oor die kwessie van kinders. Sal jy wil hê en sal sy nog wil hê.

Die ouer persoon gaan gouer stoom begin verloor in die afsienbare toekoms. Dit gaan begrip van jou kant af vereis.

Dit word beweer dat ´n vrou haar seksuele piek op min of meer 40 bereik. Dan is hulle meer ontspanne en gewillig om te eksperimenteer, want sy is gevestig in die werkplek en die kinders is al groot en verg nie meer so baie van haar energie nie. In hierdie tipe verhouding is daar weinig enige probleme op seksuele gebied.

In die sosiale omgewing is die ouer persoon geneig om selfbewus te voel in die omtrek van die jonger persoon se vriende. Aanpassings van beide kante sal nodig wees om die verhouding op die vlak te laat werk. Julle kan ongelukkig nie veel doen aan die saligheid van diegene wat hul neuse optrek vir julle verhouding nie, behalwe om mekaar te ondersteun. Die res sal hul houding mettertyd verander.

´n Groot ouderdomsverskil binne ´n verhouding bied potensiaal om geestelik en emosioneel groot hoogtes te bereik.

0 vrae / kommentaar:

Post a Comment

 
ontwerp deur suckmylolly.com, uitgewer QVRP