Worry skryf:
"Ek hoop jy kan my bietjie raad gee. My vrou is, vandat ons seun 3 jaar terug gebore is, baie af van seks af. Sy het in die goeie ou dae dinge ook begin, maar deesdae, as ek nie probeer nie, sal daar niks gebeur nie. Ons dogter is Desember verlede jaar gebore en tot dusver het ons nog net weer een keer liefde gemaak.
Dit pla my geweldig, want voor ons getrou het kon sy nie genoeg van my kry nie en was 'n regte tierwyfie. Nou kan ek maar net sowel in 'n ander kamer gaan slaap. Moenie my verkeerd verstaan nie, ons het 'n baie goeie verhouding en is onsettend lief vir mekaar. Ek kan net nie dink wat fout kan wees nie.
Is daar iets wat ons vir haar kan kry (medikasie) om haar weer warm te kry?"
Ben:
'n Vrou se hormoonvlakke word geaffekteer wanneer sy geboorte skenk. Daar is behandeling hiervoor, sy moet dit met haar dokter gaan bespreek. Die funksionering van die lewer kan ook deur hormone beïnvloed word, wat weer kan lei tot 'n afname in die behoefte na seks.
Het jy al met jou vrou hieroor gepraat? Het haar fisiese voorkoms vernader na die geboorte? Indien wel kan dit wees dat sy onaantreklik voel.
Daar is ook iets wat sielkundiges noem post partum-depressie. Kortliks verwys dit na 'n emosionele en / of kognitiewe versteuring wat sommige vrouens beleef nadat hulle geboorte geskenk het. Dit kan in 'n verskeidenheid vorme manifesteer en in sommige gevalle kan dit, soos enige ernstige depressie, 'n nadelige invoed hê op 'n vrou op die lange duur indien dit onbehandeld gelaat word.
Wat werklik is wat skort met jou vrou sou ek nie kon sê nie. Ek stel voor julle kry professionele hulp.
16.1.12
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
0 vrae / kommentaar:
Post a Comment