Loading

21.7.14

Jaloesie

******* **** skryf: "Ek en my vriend gaan nou al 10 maande uit, ek en hy is al 10 jaar lank werkskollegas. Hy is my vriend en het alles met my gedeel oor sy vorige meise waarby hy een seun het, sy het uit n vorige verhouding n dogtertjie. Ek het geen kinders nie. Ek raak baie gou jaloers as ek sien hy bel haar familie of as hy 'n ander vrou te veel aandag gee of grappies maak. Hy het altyd met my sulke grappies gemaak en nou voel ek net dat hy my sal verneuk want hy het altyd met my so gepraat en grappies gemaak toe ons net vriende was. Ek is baie lief vir hom. Die kinders is by ons in die week en naweke gaan hulle na haar toe, maar dit voel of ek so misbriuk word. Ons het n wonderlike seks lewe en na n rusie is dit meer opwinding as ooit. Ek raak so jaloers as sy hom bel oor die kinders in die week sy bel nie eskuus sy gee hom n please call me. Hy sal alles los en haar binne n sekond bel. Ek het al hoeveel keer vir hom gevra hoekom hy so na haar pype dans, sy antwoord is net sorry ek het dit nie so bedoel nie. Ons werk saam en dit maak dit vir my moeilik om te sien hoe die dames altyd sy aandag soek, en partykeer dink ek hy geniet dit. Ons het al hewige rusies hieroor gehad. Die een vrou by ons werk vat alewig aan hom as sy met hom praat, aan sy skouer of sy gaan staan regaan hom en praat en dit maak my kwaad. Sy het byvoorbeeld by ons werksete heel gerus gesit en nie baie gepraat met die res van ons nie, maar toe die mans instap is sy so happy dis net nie die waarheid nie. Al die mans gaan staan buite en toe ek uit loop waar sal sy nie staan reg langs hom met haar arms so uitgestrek langs hom op die paal. Ek dink ek is net kwaad omrede hy dit nie stop nie nadat ek hom soveel keer al vertel het wat sy doen en ek ken haar tipe ek het dit al baie gesien waar ons werk.Ons sal dan vir dae nie praat nie en dan sal een van ons ingee en dan sal hy se hys jammer en dat hy daarna sal oplet. Hy het ook al vir ons werkskollegas gese dat ek jaloers is op haar en dat ek hom beskuldig, nou dink almal ek is die malletjie in die verhouding.Daar is so baie wat ek vir hom doen. Daar was niks in die huis nie ek het dit gemaak wat dit vandag is die kinders het nie eers n bed gehad om op te slaap nie ek het daai huis gemaak wat dit vandag is. Is ek jaloers of moet ek hom spasie gee?Sy eks meisie is so tese n alkolis ek het vir hom gese dat daar nie sal drank wees by ons huis nie, en sover het hy dit nagekom maar sal nie twee keer dink op n dop te gaan drink nie. Ek is moeg ek het nog nie n behoorlike vakansie gehad nie want as sy die naweek besluit om te drink moet ek na kinders kyk en alles doen en dan gaan hy nog op sy bike rides en ek kiepie is weer opgesaal met die kinders. Help."

Antwoord: Hierdie aanhaling uit 'n antwoord elders op die blad som dit mooi op: "´n Klein (baie klein) hoeveelheid jaloesie kan baie help om die vuur in ´n verhouding te laat brand, maar net so maklik kan te veel daarvan enige verhouding blus."
Natuurlik is jy nog onseker op hierdie stadium. Die verhouding is nuut en julle moet nog uitwerk presies waar julle met mekaar staan.
Dit is nie reg om te verwag dat hy nie kontak met ander vrouens sal hê nie. Dit is deel van ons sosiale natuur. Mans sien ook nie aldag wanneer vrouens in hulle belangstel nie. Jy kan hom beslis nie verkwalik vir wat jy dink in ander vrouens se kop aangaan nie. Deel van enige verhouding is die vertroue wat julle in mekaar stel. Daarsonder raak die verhouding ongesond. In jou geval kan julle werksomstandighede ook verongeluk word. Indien dit by die werk gebeur moet jy dit daar los, moet dit nie huis toe bring nie.
Die eks sal julle iewers moet inpas, want hulle het 'n kind saam en sal moet kan kommunikeer. Daar sal egter definitiewe reëls neergelê moet word oor die hoe, waar en wanneer. Skryf neer presies waar en wanneer jy verwag hulle NIE moet kommunikeer nie en vra hom vir sy mening oor jou lys. Pas die lys so aan dat dit julle albei pas.
Indien hy 'n tydjie afkry met sy motorfiets behoort jy ook iewers tyd te maak vir jouself. Spreek af dat jy ook nou en dan sal gaan vir 'n skoonheidsbehandeling of 'n uiteet saam met 'n vriendin, terwyl hy na die kinders omsien. Hy sal nie weet wat jy doen voor hy nie self in daardie posisie was nie. Dit is ongebalanseerd as net een persoon heeltyd by die huis moet bly met die kinders.
Ek is seker met so 'n bietjie selfbeheersing kan jy daardie groen monster oorwin. Jaloesie kan julle ongelukkig van mekaar vervreem indien dit die verhouding oorskadu.



Baby Blue Eyes skryf:
"Ek is ook die jaloerse tipe omdat my ou my voorheen verneuk het. Ek was wel ook jaloers voordat hy my verneuk het en weet nie of my jaloesie hom afgeskrik het en dat hy groener weivelde gesoek het nie of miskien 'n meisie wat nie jaloers is nie. Ons gaan nog steeds uit, maar dit voel vir my ek kan hom nie meer vertrou nie en wonder altyd wat doen hy as hy nie by my is nie. Ek raak hipper jaloers as ek werk en hy nie werk nie en hy die dag vir homself het, want ek weet nie wat hy maak nie. Hy is net so jaloers op my al wil hy dit nie erken nie. Ons gaan nou 2 jaar en 4 maande uit. Ons twee het baie bereik tydens ons verhouding en is nie bereid om dit op te offer vir enige ander persoon nie. Ons altwee het al baie seer gekry in die verhouding. Wat kan ons doen om die verhouding te red terwyl ons nog kan?"

Ben:
Mekaar vertrou wil ek sê, maar dan is dit makliker gesê as gedoen.
So koop vir julle 'n groot sak geduld, 'n hoop papier en probeer die volgende oefening (nie wanneer jy onlangs jaloers was nie):
Elkeen maak 'n hopie met papiertjies waarop hy/sy die dinge neerskryf wat haar/hom jaloers maak.
Nou maak elkeen 'n tweede hopie van emosies. Hoe het jy gevoel elke keer as jou maat iets doen wat jou jaloers maak. Daar moet 'n papiertjie vir elkeen van die jaloesie-papiertjies in die eerste hopie wees.
Die volgende hopie gaan uit papiertjies bestaan waarop jy neerskryf wat jy dink jy kan doen om te vermy dat jy so groen raak.
Die vierde hopie gaan papiertjies hê waarop jy neergeskryf het wat jy dink jou maat kan doen om te help.
Nou kry julle beurtelings kan om 'n rytjie uit te pak. Een ry sal vier papiertjies hê. 1. Die probleem, 2. die emosie, 3. wat jy kan doen en 4. dit wat jou maat kan doen.
Nou bespreek julle elke ry wat uitgepak word.
Julle gaan nie noodwendig alle probleme dadelik kan oplos nie, maar jy sal verbaas wees oor hoeveel van die probleme van die verlede vorentoe geskiedenis raak. Dit sal julle ook help om te bepaal oor presies hoe julle voel oor die grense wat daar vir julle moet wees in julle omgang met ander persone.
Gaan spreek ´n professionele persoon indien julle enigsins voel julle kan nie die probleem oplos nie.



A***** skryf:
"Ek is van nature 'n baie jaloerse mens. Ek sal toelaat dat my man met 'n ander vrou dans, gesels, vriendskappe het en so af en toe bel. As dit kom by enige ander opmerkings wat hy maak van hoe goed 'n ander vrou gebou is of hoe goed sy lyk dan raak ek jaloers. As 'n man en vrou nou net seks gehad het en direk daarna, sonder dat daar nog kans was om oor enige iets te gesels, vertel hy vir jou 'n probleem wat 'n ander vrou het met bouwerk of iets by haar huis! Sal so iets nie vir enige vrou laat wonder of hy nou aan die ander vrou gedink het tydens julle seks nie?"

Ben:
Daar is al soveel oor jaloesie geskryf. Is dit reg of verkeerd en wanneer het mens rede?
Ek kan nie sê ek het die antwoord nie, maar hier is wat ek dink:
´n Klein (baie klein) hoeveelheid jaloesie kan baie help om die vuur in ´n verhouding te laat brand, maar net so maklik kan te veel daarvan enige verhouding blus.
Die jaloerse gade is niks nuuts nie. Sommige beweer dit is bloot ´n geval van ´n swak selfbeeld, terwyl Sigmund Freud wou hê dat dit spruit uit latente homoseksualiteit. Sielkundiges sien dit soms as ´n tipe paranoia.
Indien jou man niks kan doen wat die teendeel bewys nie of as jy uiters drastiese stappe neem weens jou jaloesie sou ek dink dit is redelik om te verwag dat jy by ´n professionele persoon gaan aanklop vir hulp.

PlayEuromillions.com

No comments:

Post a Comment

 
ontwerp deur suckmylolly.com, uitgewer QVRP