22.3.17

Is seks goed vir ouer mense?

Gereelde genotvolle seks vir ouer mans hou die risiko in vir hartaanvalle en ander kardiovaskulêre probleme. Vir ouer vroue is goeie seks ’n gesondheidsvoordeel kan die risiko van hoë bloeddruk verlaag. Dit is volgens die eerste grootskaalse studie van hoe seks ouer persone se hart gesondheid beïnvloed.

Ouer mans in die studie wat een keer ’n week of meer seks gehad het, was baie meer geneig om kardiovaskulêre probleme te ervaar vyf jaar later as mans wat seksueel onaktief was. En hoe meer bevredigend die seks was, hoe hoër die risiko van kardiovaskulêre probleme later. Hierdie risiko is nie gevind nie onder ouer vroue.

Dit wil voorkom asof die spanning en eise van 'n seksuele verhouding meer relevant is vir mans soos hulle ouer word, hulle word al hoe meer broos en ondervind meer seksuele probleme.

Omdat die ouer mans meer sukkel om ’n orgasme te bereik, om mediese of emosionele redes, meer as hul jonger eweknieë, is daar ’n groter mate van uitputting en dus meer stres op hul kardiovaskulêre stelsel.

Testosteroonvlakke en die gebruik van medikasie om seksuele funksie te verbeter kan ook 'n rol speel.

Matige hoeveelhede seks mag gesondheid onder ouer mans bevorder, te veel of te lekker kan egter ’n risikofaktor vir kardiovaskulêre probleme word met tyd.

Vir vroue is dit ’n ander storie. Vir vroulike deelnemers aan die studie vir wie seks uiters aangenaam of bevredigend was het ’n laer risiko van hoë bloeddruk vyf jaar later ervaar, in teenstelling met die vroulike deelnemers wat nie seks so ervaar het nie. Daarbenewens kan die vroulike seksuele hormoon wat vrygestel word tydens orgasme ook die gesondheid van vroue bevorder.

Die studie is gedoen aan die Michigan State University en is gepubliseer in die Journal of Health and Social Behavior.

No comments:

Post a Comment

 
ontwerp deur suckmylolly.com, uitgewer QVRP